This blog is dedicated to the Haiku poetry of Arthur Viljoen. It is mainly in Afrikaans, but I have translated some sections into English. Please feel free to submit your own Haiku via the comments field, and I will gladly post them.

26 April 2005

Oor Haikoe

Deur Arthur Viljoen
Elkeen van ons is 'n haikoe-mens. Die haikoe het te doen met die oomblikwaarneming, ervaring en insig. Om met die verstand te begryp is om met die hart en die siel te weet. Ons lewe bestaan uit net soveel oomblikke en daarin vind ons die wese van die haikoe opgesluit.

Dit is nie my doel om tegniese en ander ingewikkelende van die haikoe te ondersoek, of die historiese ontwikkeling sedert ongeveer die 6de eeu V.C. nie, maar om by lesers van poësie - veral studente - 'n entoesiasme te kweek om ook hierdie digvorm te beoefen.
Daar enkele tegniese elemente wat kan dien as riglyne vir die voornemende digters - 'n herkenbare spoor.

Die haikoe het mettertyd uit die renga en tanka hofgedigte ontwikkel. Hierdie gedigte het 31 lettergrepe met ’n indeling van 5.7.5.7.7 gehad. Deur die laaste twee reëls weg te laat het die haikoe sy beslag gekry n.l. 5.7.5 = 17 lettergrepe.

Mettertyd het haikoe sy rigoristiese wetmatigheid ontgroei en is haikoes geskryf met minder as 17, en ook meer as 17 lettergrepe.

Basho, (1644 - 1694) wat beskou word as die grootste haikoe digter van alle tye het b.v. haikoes van tussen 6 en 22 lettergrepe geskryf. Die drie reëls het egter behoue gebly. Hier volg 'n oorspronklike haikoe van Basho wat uit 4.9.5 lettergrepe bestaan:

Kareeda ni
Karasu no tomarikeri
Aki no kure
4
9
5
18

Lucien Stryk - 'n meester-vertaler van Japanese haikoes - het dit so vertaal:
On the dead limb
Squats a crow–
Autumn night
4
3
3
10

'n Ander vertaler van dieselfde gedig het dit in die streng vorm van 17 lettergrepe vertaal en daardeur miskien een van die wesenstrekke van die haikoe negeer nl. die intensiteit, om deur middel van die minste woorde die mees sinvolle te sê:

On a leafless branch
A lonely crow is perching
On an autumn eve
5
7
5
17

'n Afrikaanse vertaling sou kon lees:

Op 'n droë tak
Plak 'n kraai-
Voorwinternag
5
3
4
12


Die ervaring van die oomblik bring die digterlike oomblik waarin die skepping van die ('n) haikoe plaasvind. Dr. R.H. Blyth stel die skepping van die haikoe so: “It alone can give meaning to life and justify the ways of God to man.” Die groot lewe, die skepping self, word in die waarheid van die klein haikoe weergee. Die haikoe het in hoofsaak te doen met 'n soort geestelike simbiose tussen die natuur en die mens - dit kan lading en ontlading teweegbring in die spanningsvelde van ons ervaringe. Deur hierdie wisselwerking van emosies ontstaan persepsie en fyn insig. So sal natuur- en seisoenwoorde soos maan, volmaan, nag, winternag, sterre en bloeisels, Oktober, bepaalde werkwoorde in die haikoe-digter vind. In die eerste twee reëls vind ons die tema en dit word gevolg deur die insigreël wat aangedui word - in hierdie geval - met 'n aandag strepie.

Kind-oë, diep
Poele van geheimenis -Waterhondjieskrif

Een van die uitsprake wat Basho gemaak het lui dat hoe suiwerder die emosie wat 'n mens ondervind hoe minder woorde het jy nodig om dit weer te gee. Daarom kon hy haikoes skryf soos die:


Spring moon –
Flower face
In mist
(Vertaling - Lucien Stryk)

In the gloaming -
Sadly
A cricket chirps
(A.H.V.)


1 Comments:

Blogger Eben van Renen said...

Dankie dat u my so bietjie geleer het oor die haikoe! Ek sal gereeld probeer inloer, miskien selfs dapper genoeg wees om ene op my blog te publiseer!
Ek moet sê; ek vind die groot geskiedenis van die Haikoe beide verruklik en intimiderend. Kom kuier gerus op my Londen digkuns blog as jy tyd het. Groete! Eben

11:39 pm

 

Post a Comment

<< Home