This blog is dedicated to the Haiku poetry of Arthur Viljoen. It is mainly in Afrikaans, but I have translated some sections into English. Please feel free to submit your own Haiku via the comments field, and I will gladly post them.

25 April 2005

Lente

Deur Arthur Viljoen

Bloeiselseisoen -
Hoe kan die hart ge-yk,
Onpartydig wees

Vanmôre helder
Wakker geword -
In die arms van die lente

Winter se grys kokon
Breek oop in helder
Skoenlappers

Winter word lente -
Donderwolke maak gereed
Vir gieterggoi

Blomperskeboom
Reeds vol bloeisels -
Twaalf Julie?

Prima Verde
Eerste groen -
Lewe vol lente

Tuin-parfumerie -
Lente reën bring
Kamferfoellie-geur

Bloesels dans met my
Die voorjaar in -
Lug vol jong liede

Jangroentjies groet die lente -
Note, nektar, kleure,
Verliefde oomblik

Fiksburg se
Kersiebloeiselbome -
Daglank confetti-strooi

Lappie groen
In die wintertuin -
Tuinslang-sproeireën

Basho herlees -
Sien en ruik die hemel
'n hele kersie-lente lank

Loop saam met Basho
Tot in Yoshino -
Kersiebloesel plaveisel

Voorjaarkunstenaar -
'n Nuwe lentedoek
Elke dag

Swartkoptiptol,
Goue wielewaal -
Groenoog lentedag

Sonneblomskildery -
Maak die grys-grou dag
Vol sonskyn

Weerligstrale
lui die lente in
blink en galmend

Laat-herfs reën.
Vroë lentebloeisels -
Noodwendig !

Lentegeure so potent
Maak dieper vrolik as
Muti van mampoer

Na-winterreën -
Lang verwagte
Renaissance

Die lug so blou vandag -
Hardloop kind,
Die son-dag in

Die vyeboom hys
Malagiet-groen vlaggies -
Lente word gebore

Augustesmaand -
Koraalboomblomme lok
Neongroen jangroentjies

Tussen die kweekgras
Pers-blou spatsels ysterkruid -
Sypaadjie blomtuin

Oktoberlug -
Blou hemel en
Klein koringblommetjies

Elke lente
Vernuwe my vreugde -
Domo arigato

Kerstyd -
Wit magnolias blom
Tot in die Stal en Krip

Lente môre: ek hoor
Die silwer fluit van
Piet-piet-kokkewiet.

Hierdie seisoen -
In die lente tyd -
My afbeen-vinkie dood

Volmaan spieël haarself
Heelnag deur in
Die blink van die seë

Vêr uit op die seë -
Weerligte blom
In die nag se tuin

Pers-blou jakarandastad -
So na jou verlang,
En na jou lentes

Voorjaar by die Nio-meer -
Kuier met Basho in sy
Kersiebloeisel-hemel

Eerste lentelug
Bring dartelvreugde -
Sekelvlerk-swaeltjies

Lou winde waai
Die koue najaar weg -
Tot volgende jaar

Namakwaland -
'n Goue spieël
In die lenteson

Gousblomme by Goegaap,
Knersvlakte se kelkiewyn
Daglank heildronk drink

4 Comments:

Blogger Eben van Renen said...

Meneer, as u wil he dat die gemorsadvertensies (SPAM) nie u blog kommentaar moet teiken nie;
Gaan na 'change settings';
'edit comments' (of so iets);
kies "word verification"; dit verhoed dat outomatiese programme kommentaar op u blog geplaas kan word.
Verder, ek gaan u blog aanbeveel op my digkuns blog. As u nie dit wil laat gebeur nie, e-pos my gerus op: die_kampvegter@yahoo.co.uk

Ek hoop die wenke werk vir u.

10:47 pm

 
Blogger Eben van Renen said...

Hier is die presiese stappe:

1.) Change settings
2.) Comments
3.) Show word verification for comments. (Kies 'Yes')

Groete
U het 'n uitstekende blog!

10:51 pm

 
Blogger Gabri Rigotti said...

Hi Arthur

If you have a G+ account please consider joining our Haiku International ...

I am a South African too, an 'eyetie' one, but we have Dutch speaking contributors among the many languages that contribute (from afar afield as Indonesia).

Us Latins do the fatalistic or emotional stuff but some good Afrikaans 'tell it as it is stuff' would go down well among the anglophiles ...

I'm in Kaapstad by the way, 'n regte macaroni wat inglis spikking ees ...

5:32 pm

 
Blogger Femia Jantzen said...

Wonderful blog! Could you please add a gadget for followers, so we can easily find you and read the entrees?

6:14 pm

 

Post a Comment

<< Home